Die krities bedreigde Atlantiese boggelrug dolfyn gaan nou onder Amerikaanse wetgewing deur die US Endangered Species Act beskerm word. Daar is tussen 1500 en 3000 van die dolfyne in die see oor.

Die Atlantiese Boggelrug dolfyn word slegs aan die Afrika weskus aangetref. Die wetgewing sal keer dat met die dolfyne handel gedryf word en die spesie sover moontlik bewaar word. Die dolfyne word die meeste bedreig deurdat hulle verstrengel raak in visnette en dat die aanvraag vir dié dolfyne se vleis toeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×