Kroonstad is Sondagaand as Kwêla se Vrystaatse Dorp van die Jaar gekroon.

Die vaal, vuil dorp van ʼn paar jaar gelede lyk nou heeltemal anders nadat ʼn groep sakelui op die dorp, bekend as Ignite and Revive Kroonstad, ses jaar gelede besluit het om die dorp weer te laat herleef.

Hulle het onder andere die munisipale swembad opgeknap, die hoofingange van die dorp verfraai en die bekende Kroonpark-vakansieoord opgeknap.

Die dorp neem nou deel in die gewilde TV-program se nasionale dorp van die jaar kompetisie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×