Die VF Plus het ʼn klag oor die Kroonstad-rioolaanleg in die Vrystaat, wat ernstige gesondheids- en omgewingsprobleme vir inwoners in die gebied veroorsaak, by die Groen Skerpioene ingedien.
Volgens ‘n mediaverklaring is die aanleg agt jaar gelede – teen ʼn koste van R39-miljoen – bygewerk en was dit kortstondig funksioneel. Onlangs is ʼn verdere R95-miljoen deur die departement van water en sanitasie goedgekeur, waarvan R40-miljoen reeds aangewend is.
Tog bly die aanleg buite werking en rioolvervuiling duur voort. Die voortdurende situasie veroorsaak dat onverwerkte riool in die Valsrivier en Vaalrivier beland, wat kritiek-belangrike waterbronne vir die gemeenskap is.
Volgens die VF Plus heers daar ook groot kommer oor die kwaliteit van drinkwater wat sigbaar vuil is en duidelik nie behoorlik gesuiwer word nie. Hulle voeg by dat die ramp katastrofiese gevolge vir beide gesondheid en die ekosisteem in die provinsie het