‘n Voormalige veldwagter van die Kruger-wildtuin is tien-jaar tronkstraf opgelê vir die stroop van een van dié wildtuin se renosters. Die 41-jarige Eckson Musa Matumba wat in September 2020 amptelik aan diens toe hy die renoster gestroop het met ‘n amptelike vuurwapen wat aan hom uitgereik is. Matumba het destyds gesê die renoster het hom bestorm en hy het die dier uit selfverweer doodgeskiet. Die streekhof op Skukuza het sy weergawe verwerp. SANParke het die vonnis verwelkom en gesê ander personeel van die park sal uit hierdie saak leer dat die wet jou inhaal ongeag jou posisie, het Maroela Media berig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×