Soutpan mag moontlik vir 24 uur sonder water wees.
Die Mangaung Metro Munisipaliteit laat weet in ’n kennisgewing dat ’n pyp by die Krugersdrif-waterbehandelingsaanleg herstel moet word.
Hoewel dit lyk asof slegs Soutpan en Ikgomotseng geraak sal word, vra die munisipaliteit om verskoning vir die ongerief.