ʼn Multimiljoenrand-lening wat Suid-Afrika ses jaar gelede reeds aan Kuba toegestaan het, sal skynbaar teen 2026 terugbetaal wees.

Volgens die portefeuljekomitee oor die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het Kuba tot dusver elke enkele paaiement stiptelik volgens die terugbetalingsooreenkoms vereffen.

Kuba het Suid-Afrika na 2017 weer vir geld in die oë gekyk.

Rosestad 100.6FM-nuus het in Augustus verlede jaar berig die departement was toe nie bereid om sy voorneme van ‘n uiters omstrede skenking van R50-miljoen aan Kuba te halt nie.

Die departement se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n interdik oor die skenking, is destyds van die hand gewys.

Die hof het later beveel ‘n hersieningsaansoek moet ingedien word, om vas te stel of die skenking van die geld aan Kuba tersyde gestel moet word al dan nie.

Die departement se aansoek om verlof tot appèl teen die interdik, het misluk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×