Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se senior bestuurder vir kommunikasie, Oupa Segalwe, bevestig dat daar ’n losprys geëis is rakende die herstel van die aanlyn sisteem – maar die eis het sonder ’n spesifieke bedrag of bepalings gekom.

News24 berig verder dat die SAWD steeds sukkel met ’n kuberkrisis ná ’n aanval op hul inligtingstelsels.

Die kuberkrakers het vroeër onsuksesvol probeer inbreek voordat hulle Sondagaand die stelsels glo lamgelê het.

Rosestad-nuus het vroeër berig weerdata-versameling is glo erg geraak, maar alternatiewe metodes is blykbaar in plek.

Die webwerf bly onbeskikbaar, en weervoorspellings word nou per e-pos en sosiale media gedeel.

Lugvaart- en maritieme dienste is glo ook ontwrig, maar kritieke inligting word steeds deur alternatiewe kanale gekommunikeer terwyl kubersekuriteitskenners die aanval probeer herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×