Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het onafhanklike digitale forensiese ondersoekers aangestel na hulle onder ’n kuberkraakvoorval deurgeloop het.
Volgens Nuusflits het die aanval tydelik toegang tot die SAL se webtuiste en toep onderbreek en het ook verskeie interne operasionele sisteme aangetas.
Ondersoekers sal bepaal of enige data van kliënte en werknemers gesteel is. SAL het onderneem om enigiemand wat die slagoffer van moontlike databreuk was, in kennis te stel.
Die aanval volg na MTN in April deur kuberkrakers geteiken is en “toegang tot persoonlike data” van kliënte in “sekere markte” verkry is.