Kuberkrakers, wat nie hulle vingers vir hulself kan hou nie, het vir ‘n tweede keer in slegs ses maande ‘n kwaadwillige kuber-aanval op Rosestad 100.6FM se rekenaarnetwerk geloods.

Die verdagtes is nou besig om Rosestad se musiek van die stelsel te wis.

Bernie Naudé, algemene bestuurder van die stasie, het ‘n kort rukkie gelede bevestig dat die situasie onder beheer gebring is en dat musiek nou weer op die stelsel gelaai word.

Hy het gesê dit is in hierdie stadium onduidelik of dit die werk van dieselfde kuberkrakers is wat ses maande gelede die stasie deur hul rekenaarvernuf gesaboteur het.

Volgens hom sal die stasie nie hierdie kwaadwillige pogings ongesiens verby laat gaan nie, en is deskundiges reeds besig om die jongste saak ook te ondersoek.

Naudé het gesê hoewel die motief vir die aanvalle onbekend is, is daar reeds inligting ingewin wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×