Oktober is kuberveiligheidsbewusmakingsmaand, en MTN Business het hierdie tyd gebruik om hul sekuriteit op te dateer en te vernuwe.

Primedia berig MTN Business het ‘n vennootskap met bedryfsleiers aangegaan om topvlak-sekuriteitsoplossings te verskaf. Volgens die hoofbestuurder vir inligting- en kommunikasietegnologie-oplossings by MTN Business, Sudipto Moitra, is kuberveiligheidsbedreigings een van die grootste uitdagings vir besighede op die oomblik en dat die risiko’s beide in terme van frekwensie en gesofistikeerdheid groei.

Hy voeg by dat hierdie kwessie oor alle nywerhede gesien kan word, maar dat die gesondheidsorgbedryf dikwels geteiken word, asook dat kritiese infrastruktuur die tweede mees geteikende ruimte is, gevolg deur die finansiële sektor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×