Die junior dosent by die Universiteit van die Vrystaat se Departement van Beeldende Kunste, Johandi du Plessis-Kleynhans, het die gesogte Ampersand Fellowship and Residency ontvang om in New York te studeer.

Haar solo-uitstalling, Viral Images, was onlangs by die Oliewenhuis-kunsmuseum te sien waar sy haar vaardigheid met installasiekuns ten toon gestel het.

Du Plessis-Kleynhans het verskillende mediums en materiale gebruik, van beeldhouwerk tot digitale insette. Sy sê installasiekuns is nie net ʼn medium nie, maar ʼn ervaring wat ruimtes hervorm en kykers op talle sensoriese vlakke betrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×