Kunstenaars dreig die SAUK met die hof oor tantieme

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Musiekuitvoeringsregte (Sampra), beplan regstappe teen die SAUK, om die uitsaaier te verplig om “needletime”-tantieme aan musikante te betaal vir die speel van hulle musiek op die uitsaaier se radiostasies.

Hierdie tantieme kom, volgens Maroela Media, alle partye, van die musikant tot die instrumentalis, toe wat ‘n bydrae tot die opname van ‘n musieksnit gelewer het.

Die SAUK betaal tans geen sodanige tantieme aan kunstenaars vir die gebruik van hulle musiek op sy 18 openbare radiostasies nie.

Volgens Sampra skuld die openbare uitsaaier reeds meer as R250-miljoen aan kunstenaars, oor die verloop van vyf jaar.

Luister na potgooie hieronder