Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys sê ‘n kurrikulum-herstelplan is in werking gestel om te verseker dat leerlinge agterstallige skoolwerk kan inhaal.
Soos vroeër berig is vier skole in Delportshoop verlede week gesluit, nadat meer as 130 gevalle van masels onder leerlinge aangemeld is.
LEES MEER: Sowat 130 leerlinge word deur masels-uitbraak geraak
SABC-nuus berig skole is intussen heropen en onderrig is hervat. ‘n Woordvoerder, Lehuma Ntuane, sê die Departement van Gesondheid het ook begin met ‘n veldtog om leerlinge by die skole teen masels in te ent.