Kwazi Mshengu vra vir streng optrede teen die vragmotorbestuurder wat aanspreeklik is vir die dood van twee polisiebeamptes

Die waarnemende LUR vir Vervoer in KwaZulu-Natal, Kwazi Mshengu vra vir streng optrede teen die vragmotorbestuurder wat na bewering aanspreeklik is vir die dood van twee Durbanse polisiebeamptes.

Die man het blykbaar oor ‘n rooi verkeerslig gery en teen die polisievoertuig gebots waarin die twee beamptes was.

Die beamptes wat aan die Cato Manor speurtak verbonde was, is op slag dood.

Mshengu vra dat die ondersoek gou afgehandel word sodat die reg sy gang kan gaan.

Luister na potgooie hieronder