Vanaand kan daar met trots om die braaivleisvuur gekyk word hoe die geurige vetlagie van ‘n sappige Karoolam-tjoppie oor die kole borrel.

Lamsvleis uit die Karoo se sentrale deel geniet sedert gister herkomsbeskerming-status.

Die nederige Karoolammer beweeg nou in die hi-polvaai-kringe van beskermde streek-eie produkte soos sjampanje uit die naamgelyke provinsie in Frankryk, en Parmaham uit Italië se noordoostelike Parma-streek.

Lammers wat vry in die Karoo wei, se eiesoortige geur kom van die weglê aan kruidagtige karoo-bossies wat natuurlik hier voorkom.

Johann Kirsten, direkteur van die Universiteit Stellenbosch se ekonomiese ondersoek-buro, bestuur hierdie sonderlinge registrasieproses vir langer as tien jaar.

Hy sê die herkomsbeskerming-status is ‘n uitmuntende prestasie.

Die registrasie moet nou deur die Suid-Afrikaanse regering by die Europese Unie ingedien word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×