Die leeus wat die naweek deur die Ezemvelo KZN Wildlife van kant gemaak is, is deur gemeenskap van Okhukho in die noorde van KwaZulu-Natal gebraai en geëet. 

Ezemvelo-veldwagters het die leeus Vrydag van kant gemaak, maar volgens Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo, het die gemeenskap al die leeus se karkasse gevat voordat die helikopter waaruit hulle geskiet is, kon land. Die gemeenskap is kwaad omdat dié leeus van hulle vee gevang het.

Lees die vorige berig hier.

“Ons het Vrydag die leeus wat uit HiP (Hluhluwe-Imfolozi Park) ontsnap het, vernietig en hulle het die karkasse gaan vat voordat ons hulle kon vat,” het Mntambo aan IOL gesê.

Hier is ’n video van hoe die gemeenskap die leeus eet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×