Die Suid-Afrikaanse inflasiekoers het in Maart tot 2.7 persent gedaal – die laagste vlak in byna vyf jaar.

Volgens Statistieke SA is dit laer as Februarie se 3.2 persent en onder die Reserwebank se teikenband van drie tot ses persent.

Eyewitness News berig pryse vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het effens gedaal, met stadiger stygings in produkte soos mieliemeel, suiwel en eiers.

Sommige ekonome meen dié inflasieverrassing kan moontlik druk op die Suid-Afrikaanse Reserwebank verlig om rentekoerse te handhaaf of selfs te verlaag.

Internasionale risiko’s, insluitend VSA-president Donald Trump se tariefoorloë, kan egter steeds ’n rol speel in toekomstige beleidsbesluite.

error: Inhoud is beskerm !!