Die matriekklas van 2024 word herinner dat vandag, 29 Januarie 2025, die laaste dag is om vir die hernasiening van hul eksamenvraestelle aansoek te doen.
The Citizen berig Kandidate wat onseker is oor hul uitslae, het tot einde vandag om die nodige aansoek in te dien, hetsy aanlyn of met ’n handgeskrewe aansoek.
Hernasieningsresultate sal vanaf 7 Maart 2025 beskikbaar wees by die skool of eksamensentrum waar die eksamen geskryf is.
Vir matrikulante wat hul NSS-punte verder wil verbeter, is daar ook die opsie om eksamens in Mei/Junie 2025 oor te skryf.
Hierdie aansoeke sal op 7 Februarie 2025 sluit.