Russe het Saterdag die laaste eer aan Mikhael Gorbatsjof, laaste leier van die Sowjetunie, betoon in ‘n seremonie wat sonder veel fanfare in Moskou gehou is. Maroela Media berig voorts duidende roubeklaers het tou gestaan om verby Gorbatsjof se oop kis te loop, waar dit in staatsie gelê het. Die kis is hierna na die Nowodewitsji-begraafplaas geneem, waar dit in die graf laat sak is terwyl ‘n militêre orkes die Russiese volkslied gespeel en ‘n geweersaluut gevolg het. Gorbatsjof is langs sy vrou Raisa, wat in 1999 aan kanker gesterf het, begrawe. President Wladimir Poetin het nie Saterdag se begrafnis bygewoon nie, omdat sy werkskedule dit glo nie toegelaat het nie. Rosestad-nuus het vroeër berig Gorbatsjof is Dinsdag dood na ‘n lang siekbed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×