Eskom het weer fase 2-beurtkrag aangekondig.

Business Tech berig dat dit van Donderdagmiddag tot Vrydagoggend 05:00 geïmplementeer is.

Die besluit volg op hoër as verwagte elektrisiteitsaanvraag, verliese van opwekkingseenhede en beplande instandhouding.

Eskom doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Energiekenners soos Hartmut Winkler en Chris Yelland waarsku dat afwisselende beurtkrag in die komende winter verwag moet word, weens ’n lae energiebeskikbaarheidsfaktor van sowat 57 persent vir die jaar tot dusver.

Eskom se teikenvlak teen Maart vanjaar was 70 persent.

Eskom sal binnekort sy wintervooruitsigte bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!