‘n Laerskool kind in Bloemfontein is een van die nuutste gevalle van kinders wat na die Pelonomi Hospitaal in die stad geneem is – hierdie keer weens die eet van mazimba pap.

Dit is luidens die gesondheidsdepartement, wat Donderdagaand bevestig het die Toka Laersool leerder is by die hospitaal. Woordvoerder Mondli Mvambi het ook die inligting deurgegee dat die aantal kinders wat weens maagkrampe na die hospitaal gebring is gestyg het tot 47.

LEES MEER: Meer as 40 leerders in Pelonomi weens maagkrampe van sjokolade

Rosestad-nuus het Donderdag berig die kinders, almal glo van Ihobe Laerskool in die stad, het glo sjokolade geëet. Luidens Mvambi is drie van die vier kinders van Ihobe Laerskool wat wel opgeneem is reeds ontslaan.

Intussen vra die ANC dat spazawinkels regoor die land gesluit word en slegs heropen wanneer hulle wettige permitte ontvang het om sake te doen. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het ‘n nuuskonferensie gehou oor die dood van kinders die afgelope tyd – nadat hulle vermoedelik besmette snoepgoed van spazawinkels geëet het.

SABC-nuus berig verder die SAVE South Africa burgerlike beweging beskuldig President Cyril Ramaphosa van versuim om op tree, in verband met die dood van kinders weens beweerde besmette eetgoed. Die organisasie het Ramaphosa in Julie glo skriftelik gevra om ‘n noodtoestand af te kondig weens die situasie. Sedertdien is nog ses kinders in Soweto, twee in Katlehong en een in Alexandra dood nadat hulle snoepgoed van spazawinkels geëet het.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×