Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê dit sal roekeloos wees om nie die voortslepende konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) op te los nie.
Die Nasionale Vergadering het ‘n dringende debat gehou oor die dood van die 14 soldate wat verlede maand in ‘n geveg met M23-rebelle in die DRK dood is.
Sommige parlementslede het gevra vir die onmiddellike onttrekking van die troepe wat steeds in die Sentraal-Afrikaanse land ontplooi is.
Lamola sê die DRK kan nie die konflik alleen hanteer nie, en geen enkele land kan help om dit op te los nie.