Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sê daar sal nie gespesialiseerde howe vir huurmoordenaars wees nie.
Dit kom ná oproepe vir die Departement van Justisie om gespesialiseerde howe te open om sake teen betaalde sluipmoordenaars te hanteer. Kontrakmoorde in die land het vrese laat ontstaan dat Suid-Afrika besig is om ’n mafia-staat te word. Lamola het aan eNCA gesê die bestaande hofstelsel is voldoende om sulke sake te hanteer.