Landbou-organisasie sê dringende hulp word benodig na die Hertzogville-brande

 Landbou-organisasie sê dringende hulp word benodig na die Hertzogville-brande

Foto aan ons verskaf deur Hertzogville boer.

Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief sê hy gaan druk op die regering uitoefen om ramphulp te bied aan boere wat deur die brande by Hertzogville in die Vrystaat geteister is.

Gebiede soos Hoopstad, Dealsville, Bultfontein en Christiana in Noordwes het ook deurgeloop.

Boere het groot verliese gely wat eiendom en lewende hawe betref.

Saai se woordvoerder, Theo de Jager, hulle sal met soveel as moontlik netwerk-vennote saamwerk om boer-tot-boer-bystand te verseker en gesinne te ondersteun sodat hulle op hulle plase kan bly.

LeandreAdmin@