Saoedi-Arabië se Brics-insluiting het nuwe deure vir Suid-Afrika oopgemaak omdat hulle so ‘n groot landbou invoerder is. Dit, volgens die voorsitter van die landbousake-werkgroep van die Brics-sakeraad, Wandile Sihlobo. Suid-Afrika het eers sy oog op China en Indië gehad, maar Saoedi-Arabië het oor die algemeen gemiddeld $21 Mijlard se landbouprodukte van lande soos Brasilië, Indië, die VSA, Verenigde Arabiese Emirate, Frankryk, Turkye en Egipte ingevoer. Tans voer Suid-Afrika maar 2% uit na Saoedi-Arabië, wat meestal vrugte is. Sihlobo het aan Netwerk24 gesê Suid-Afrika word gedruk om sy landbou-uitvoermarkte uit te brei en sal in die toekoms waarskynlik rooivleis na Saoedi-Arabië kan uitvoer. Abbatoirs en voerkrale moet nog amptelik halaal-sertifisering van die land ontvang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×