Inwoners van Langenhovenpark moet voorberei vir nog ‘n beplande kragonderbreking wat Woensdag van 09:00 tot 16:00 plaasvind.
Centlec het gesê die onderbreking is weens instandhouding en opgraderings aan die netwerk, en as die krag nie binne die uur van die gesette tyd afgeskakel word nie, is die instandhouding uitgestel.
Inwoners word aangeraai om alle installasies as lewend en gevaarlik te behandel, aangesien die krag op enige tydstip herstel mag word.