Lasbrief uitgereik vir die inhegtenisnemeing van die voormalige hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê ‘n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisnemeing van die voormalige hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, omdat hy gister versuim het om in die hof te verskyn.

Luidens berigte is die lasbrief uitgereik deur die hooggeregshof in Pretoria.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê ‘n brief is aan die Departement van Korrektiewe Dienste gestuur
om Mdluli uit die tronk na die hof te bring. Mdluli is reeds sedert September 2020.

Mdluli en ‘n voormalige kolleaga, Mthembeni Mthunzi dien tans vyf jaar tronkstraf uit vir die ontvoering en aanranding van Oupa Ramogibe in 1998.

Die huidige saak teen Mdluli hou verband met bewerings van die misbruik van misdaadintelligensie-fondse.

Luister na potgooie hieronder