Die Suid-Afrkaner, Lauren Dickason, wat in Nieu-Seeland tereg staan op aanklagte van die moord op haar drie jong dogtertjies, se verhoor het vandag in die hooggeregshof in Christchurch begin. Maroela Media berig Dickason het onskuldig gepleit en voer aan dat sy tydens die moorde geestelik ongesteld was en dus ontoerekeningsvatbaar is. Sy het in September 2021 haar drie dogtertjies met kabelbinders en hul kombersies versmoor. Volgens die staat se weergawe van gebeure het Dickason waarskylik aan ernstige depressie gely, maar sy het wat sy doen toe die moorde gepleeg is. Stuff.co.nz berig die staatsaanklaer, Andrew McCrae, het aangevoer Dickason het ‘n wrok en woede teenoor haar kinders gekoester en dat sy boodskappe aan vriende en familie gestuur het wat dit bewys het. Sy het ook internetsoektogte gedoen oor hoe om haar kinders moontlik om die lewe te bring. Dickason is in ‘n psigiatrise eenheid by die Hillmorton-hospitaal in Christchurch behandel nadat sy haar dogters, die ses-jarige Liané en die twee-jarige tweeling, Maya en Karla, by hul huis in Timaru vermoor het. Haar man, Graham, is ‘n ortopediese chirurg, en het na werk op die liggame van sy drie dogters afgekom. Die Dickason-egpaar het sowat ‘n week voor die moorde uit Suid-Afrika saam met hul kinders in Timaru aangekom. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×