Lauren Dickason wat skuldig bevind is aan die moord op haar drie dogtertjies in Nieu-Seeland, sal op 19 Desember gevonnis word. 1 News berig regter Cameron Mander het die datum vanoggend plaaslike tyd in die hooggeregshof in Christchurch bekend gemaak. Sy is op 16 Augustus skuldig bevind op drie klagte van moord op haar drie dogters, die sesjarige Liané en die twee-jarige tweeling, Karla en Maya op 16 September 2021. Dickason, het skuld ontken op moord maar die verwagting is dat sy waarskynlik ‘n lewenslange vonnis opgelê sal word.