Lauren Dickason se vonnis van 18 jaar tronkstraf vir die moord op haar drie kinders ontlok woede vanuit talle oorde. Mense van regoor die wêreld is tot in diepste wese geskok toe die Suid-Afrikaner haar tweejarige tweeling-dogtertjies en ook hulle 6-jarige sussie, in 2021 in Nieu Seeland vermoor het.
Die Daily Mail berig die vonnis, wat haar vandag opglê is, het mense meer as net warm onder die kraag. Dit beteken in wese, dat sy vir ses jaar per moord agter tralies sal wees. Die regter het gelas dat Dickason ‘n psigiatries inrigting aangehou sal word, tot tyd en wyl haar geestestoestand dit toelaat dat sy na ‘n tronk oorgeplaas kan word. Dickason het skuld erken, maar sê dat haar geestestoestand die oorhand gekry het. Na ander probeerslae, het sy die dogtertjies eindelik met ‘n kussing dood gesmoor.
1 Comment
Comments are closed.