Die aand van haar drie dogtertjies se moord het iets in haar geknak, het Lauren Dickason in ‘n uur-lange video-opname kort na die moord op haar drie dogtertjies aan polisie gesê. Die video is vandag in die hof in Christchurch gespeel. Sy het erken sy het hulle doodgemaak maar ontken dat dit moord was, berig die New Zealand Herald. Dickason het gesê die kinders wou die aand nie na haar luister nie en sy was moeg geskree. Sy het nadat kabelbinders nie gewerk het, ‘n handdoek oor die kinders se gesigte gehou totdat hulle ophou asemhaal het. Dickason het sowat twintig minute nadat haar man weg is vir ‘n ete-afspraak met kollegas, die tweeling versmoor. Maroela Media berig ook Dickason erken dat nadat sy hulle versmoor het, geweet het hulle is dood. Sy wou haarself om die lewe bring met ‘n mes maar nie een van die messe in die huis was volgens haar skerp genoeg nie. Dickason het in die onderhoud gesê sy het soms gedink daar is fout met haar omdat mammas altyd liefde vir hulle kinders voel vandat hulle gebore is. Sy het dit nooit ervaar nie en nie geweet waarvan mense praat nie. Sy het na die emigrasie gevoel dit was ‘n fout want sy het goeie tye met die kinders in Suid-Afrika gehad.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×