Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is deur lede van die parlement geroskam vir sy hantering van toedelings en uitbetalings.

Die hulpskema moes gister aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding verslag doen oor uitdagings met betrekking tot sy doen en late.

Daar heers jare reeds landwye ongelukkigheid onder studente oor die skema se werksaamhede.

Talle betogings, wat meermale ook gewelddadig raak, het al amper ‘n jaarlikse instelling geword en Bloemfontein spring dit ook nie vry nie.

Vanjaar beweer die ontstoke studente dat uitbetalings sonder kennisgewing gestop is en dat baie studente glo ook nie hulle verblyftoelaag ontvang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×