Die ANC in die parlement waarsku die regering van nasionale eenheid se uitvoerende lede om nie as individuele politieke partye te werk nie.

Volgens die ANC-hoofsweep, Mdumiseni Ntuli, kan die najaag van partybelange in die regering van nasionale eenheid teen die grondwet gaan.

Ntuli het die eerste skriftelike verklaring na aanleiding van hierdie week se beëdigingseremonie uitgereik.

Die waarskuwing volg op ‘n soortgelyke oproep deur die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×