Lede van die vakbond Nehawu het vandag landwyd begin staak en in Bloemfontein alle ingange na die Pelonomi Hospitaal versper.

Die polisie het skok granate gebruik om die betogers uitmekaar te jaag.

Verkeer is tydens spitstyd naby die hospitaal vertraag.

Die polisie het van die betogers in hegtenis geneem.

Netwerk 24 berig die Departement van Openbare Dienste en Administrasie het Saterdag ‘n dringende interdik teen die staking gekry.

Nehawu het ‘n appélaansoek ingedien, wat vandag voor die hof sal dien, sodat die staking kan voortgaan.

Die vakbond dring aan op ‘n verhoging van 10% of meer terwyl die staat se aanbod 4,7% is.

Lede van die vakbond sluit gesondheids-, opvoedings- en welsynswerkers in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×