‘n Man van Zimbabwe is in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette, en ook vir omkopery, nadat hy geld in ruil vir sy vrylating aangebied het.

As deel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Operasie Shanela is die verdagte se 10-ton-vragmotor by ‘n padblokkade op die R6 tussen Rouxville en Aliwal-Noord voorgekeer.

Kort hierna is nog ‘n man, by ‘n ander padblokkade in die omgewing, ook vir die besit van onwettige sigarette in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×