Lede van adjunk-president Paul Mashatile se beskermingseenheid het briewe oor hul moontlike skorsing ontvang.

Dit spruit uit bewerings dat hierdie lede glo betrokke was by die aanranding van die insittendes van ’n voertuig op die N1-hoofweg, naby Fourways in Johannesburg.

Netwerk24 berig diegene wat briewe ontvang het, kry nou sewe dae om redes te gee waarom hulle nie geskors moet word nie.

Kolonel Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het vanoggend bevestig vier van die eenheid se lede het briewe gekry.

Beeldmateriaal van die voorval versprei steeds soos ‘n veldbrand op sosialemedia en word deur mense van reg oor die wêreld veroordeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×