Ses lede van ‘n onwettige banksindikaat is na meer as agt jaar uiteindelik in hul spore gestuit. Die sindikaat, wat in Gauteng, Noordwes en Limpopo bedrywig was,  is die afgelope week tot ‘n opeenvolgende 843 jaar gevangenisstraf deur die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis. Maroela Media berig die ses beskuldigdes het op 68 aanklagte tereggestaan, waaronder rampokkery, ontvoering, roof, moord, bedrog, korrupsie, sameswering en die besit van wapens en ammunisie. Die sindikaat het mense geteiken wat groot bedrae geld by kitsbanke of in die bank onttrek het. Die sindikaatlede het inligting van informante ontvang sodat hulle slagoffers na hulle huise kon volg. Die slagoffers is dan beroof van geld en ander besittings. Een slagoffer, Johan Meyer is in 2013 by sy huis beroof en doodgeskiet. Die staat het staatgemaak op die getuienis van ‘n kenner van bankrooftogte, Maureen Coetzee, wat beeldmateriaal van banke ontleed het

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×