Lede van ‘n Bloemfonteinse gesin is wreed op hul hoewe in Bainsvlei aangeval.

Volksblad berig die 16-jarige Hano Pienaar het gesê twee mans het Sondag in die middernagtelike ure toegang tot die hoewe verkry.

Terwyl een van die verdagtes buite was, het die ander een, gewapen met ‘n mes, by die skuifdeur van die kombuis ingebreek.

Hul ma, Frannie, is oorval toe sy ondersoek gaan instel het.

Hano se broer Johan is ook aangeval.

Die verdagtes het op die vlug geslaan toe Hano op die toneel verskyn.

Frannie, wie in ‘n kritieke toestand is, word in die Mediclinic Bloemfontein se hoësorgeenheid behandel.

Sy het twee snye aan haar kop en ‘n gekraakte skedel met bloeding op die brein.

Die 20-jarige Johan het twee lang snye aan sy kop en ‘n sny aan sy een hand.

Hano het geen beserings opgedoen nie.

Sover bekend is niemand nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×