Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê bejaardes verdien die reg om deur elke Suid-Afrikaner gerespekteer te word.
Zulu het kommer uitgespreek oor die groot aantal bejaardes wat in hullle huise en gemeenskappe mishandel word. Met gister se bywoning van die Goue Spele in Mpumalanga, het sy dit benadruk dat respek vir bejaardes se regte ononderhandelbaar is Die spele is in samewerking met die Suid-Afrikaanse Ouerpersoonsforum gehou.
Die Goue Spele vir bejaardes word in samewerking met die Suid-Afrikaanse forum vir ouer persone aangebied.