Leerders wat ontevrede is met hul uitslae van die 2024 matriekeksamen, kan nou aansoek doen om spesifieke vakke te hermerk, herkontroleer of herskryf om hul punte te verbeter.
Die Vrystaatse Departement van Onderwys sê in ‘n mediaverklaring leerders kan aanlyn aansoek doen, en hulle moet die korrekte eksamennommer, asook hul naam en van – soos dit op die eksamenstate verskyn – by die aansoek aanheg.
Die sluitingsdatum vir hernasien en herkontrolering is 29 Januarie, en die resultate sal op 7 Maart vanjaar vrygestel word.
Kandidate wat van voorneme is om in Junie en November te herskryf moet onderskeidelik voor of op 7 Februarie en 15 Maart vanjaar aansoek doen. Volgens die departement sal geen laat aansoeke aanvaar word nie.