Ongeveer 90 leerlinge van ‘n laerskool in Soshanguve moes vanoggend mediese behandeling kry nadat hulle vermoedelik daggakoekies geëet het. Matome Chiloane LUR vir onderwys in Gauteng, het aan Maroela Media gesê die leerders, van graad R tot graad 7 het glo die koekies wat soos muffins lyk, oppad skool toe by ‘n straatsmous gekoop. Die onderwysers het gesê die kinders het vreemde gedrag getoon terwyl sommige maagkrampe gekry het en naar geword het. Die skool het die nooddienste ontbied en die kinders is na mediese fasiliteite geneem vir behandeling, het Chiloane gesê. Die polisie ondersoek tans die saak nadat die straatverkoper geidentifiseer is. Chiloane het kinders gevra om versigtig te wees wat hulle op straat koop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×