Die twaalf leerlinge, insluitend agt prefekte, van Pretoria High School for Girls wat weens beweerde rassisme geskors is, is na ‘n dissiplinere verhoor onskuldig bevind.
News24 berig die paneel wat deur onder andere ‘n advokaat en ‘n lid van die skoolbeheerliggaam gelei is, het die proses regverdig en deursigtig uitgevoer. Danica Stoffberg, die waarnemende skoolhoof, het gesê dat daar ‘n les vir almal uit die verhoor gekom het en dat hulle moet saamwerk om ‘n omgewing waar leerders gewaardeer en bemagtig word moet skep.
Die skoolhoof is vroeër die week op voorkomende skorsing van 90 dae geplaas, hangende ‘n ondersoek na bewerings dat leerders se klagtes aan haar geignoreer is.