‘n Verdagte is in hegtenis geneem, en het in die hof verskyn, vir die moord van die 20-jarige leerlingvlieenier Iman Tshakeni.
‘n KwaZulu-Natal polisiewoordvoerder het aan IOL gesê dat die Verlulam-polisie ‘n saak van moord ondersoek. Dit, na die ondekkinging van Tshakeni se liggaam, enkele dae nadat sy as vermis aangemeld is.
Haar liggaam is in Canelands aan die KZN-noordkus met skynbare aanrandingsbeserings gevind. Rosestad-nuus het vroeër berig dat Tshakeni oorspronklik van die Oos-Kaap is, maar het na die Ethekweni-area verhuis om haar vlieënieropleiding by Virginia-vliegveld te voltooi.