Vyf van die sewe leeus wat in September verlede jaar uit onbehoorlike private aanhouding in Roeminië gered is, is Donderdag by die Lionsrock Big Cat Sanctuary by Bethlehem in die Vrystaat vrygelaat. Die Volksblad berig voorts die driejarige Roman, Vincent, Dolf, Ellie en Geena het Woensdag op Wêreld-leeudag, na ‘n lang reis, veilig by die toevlugsoord aangekom. Die sewe leeus is eers van Roemenië af na die Felida Big Cat Sanctuary in Nederland gebring waar hulle behandeling gekry het. Twee ouer leeus, Simba en Elza, benodig gespesialiseerde sorg en sal vir eers by Felida aanbly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×