Leeus word in haglike toestande op ‘n plaas in die Vrystaat aangehou

‘n Inspeksie op ‘n leeuplaas in die Vrystaat het, volgens Netwerk 24, skokkende toestande aan die lig gebring.

Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging asook die Vrystaatse departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake het tydens die inspeksie afgekom op vier siek leeus wat geen behandeling ontvang het nie, te min drinkwater, vuil beknopte kampe met verrotte kos en parasiete.

In ‘n vuil vrieskamer is 13 leeukarkasse gevind, waarop outopsies uitgevoer sal word.

Prof. H.O de Waal van die departement dierkunde aan die UV, het opnuut klem gelê op die belangrikheid van gereelde inspeksies op plase, asook staatsbetrokkenheid by hantering van probleme soos hierdie.

Four Paws het ook ‘n beroep op die regering gedoen om wetgewing deur te voer, vir die leeubedryf in Suid-Afrika, om tot ‘n einde te kom.

Luister na potgooie hieronder