Sosiale media-ster, Jake Paul, het die legendariese bokser, Mike Tyson, etlike minute gelede – sowat 07:30 SA-tyd, Saterdag – deur eenparige beslissing verslaan, by AT&T-stadion in Arlington, Texas, in een van die mees onwaarskynlike wedstryde in die sport se geskiedenis.
Die 58-jarige voormalige swaargewig bokskampioen, Tyson, en die 27-jarige YouTuber, Paul, het Saterdagoggend in die kryt ontmoet.
Tyson het sterk begin, maar dit blyk of Paul redelik vroeg in die geveg homself as die meer soliede opponent gevestig het.
Teen die sewende rondte het Tyson die houe goed gevat, maar dit is duidelik dat sy lyf nie ge-oefen genoeg is om teen ‘n opponent 31 jaar jonger as hy te bereken nie.
LEES MEER: Tyson en Paul geveg ‘moet nie gebeur nie’
In rondte agt het Paul ‘n paar houe ingekry, en Tyson kon een hou laat land. Die ronde sien hoe die skare hul ongelukkigheid met die min aksie wys, deur die boksers uit te jou.
Die oorwinning verbeter Paul se professionele rekord tot 11-1, terwyl dit Tyson tot 50-7 laat val.