Dirk Kok, redakteur van Volksblad is in die ouderdom van 56 aan kanker oorlede. Wyle Kok het die eerste keer in 1997 deel van die redaksiespan by Volksblad geword het.

Netwerk24 berig hy was eers algemene verslaggewer, en het later as Oos-Vrystaatse redaksiehoof, nuusredakteur, subredakteur in die nagkantoor en nagnuusredakteur gewerk. Kok het begin 2023 as redakteur oorgeneem, en het toe ook streeksredakteur vir Netwerk24 geword. Hy word oorleef deur sy vrou Mientjie, seuns Adam, Ben, Zirk, Jos en Daniël, sy ouers Joe en Eileen, en suster, Estelle.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×