Die legendariese Vrystaatse en Springbok agterspeler, Frans Steyn, het gisteraand sy uittrede uit alle rugby op sosiale media aangekondig. Hy het gesê dis moeilik om totsiens te sê vir die spel wat sy hele lewe was. Die 36-jarige Steyn is ‘n twee-malige Wêreldbeker-wenner en is vanjaar tydens die Cheetahs se derde Curriebeker-wedstryd beseer. Hy het in Maart ‘n knieoperasie ondergaan. Steyn het in 2006 sy buiging as 19-jarige vir die Bokspan gemaak en uiteindelik in 76 toetse gespeel. Steyn, wat in die Aliwal-Noord omgewing boer, het aan Greykollege gematrikuleer en sy provinsiale loopbaan by die Sharks begin. Nadat hy in Frankryk gespeel het, het hy besluit om die laaste paar jaar van sy loopbaan by die Cheetahs af te sluit. Hy sou waarskynlik vanjaar as veelsydige speler saam met die Springbokke vir sy vierde Wêreldbeker na Frankryk getoer het, indien sy kniebesering nie so ernstig was nie. Steyn was bekend vir sy kanon skopvoet en kon gemaklik straf-en skepskoppe vanaf sy eie halfgebied deur die pale jaag. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×