Leiers van die G7-nywerheidslande gaan vandag vergader oor die situasie in Afghanistan

Leiers van die G7-nywerheidslande sal na verwagting vandag vergader oor ‘n moontlike versoek dat die sperdatum van 31 Augustus, waarby alle westerse entiteite uit Afghanistan onttrek moet wees, verleng word.

Luidens berigte sal die kwessie oor of die Taliban amptelik erken moet word, ook bespreek word. Intussen hoop duisende
mense steeds om vlugte uit Afghanistan te kry en buitelandse magte werk onverpoosd om die proses te bespoedig.

Volgens ‘n woordvoerder van die Taliban, het hulle geen amptelike versoek ontvang om die spertyd te verleng nie.

Hy het egter ook gesê indien daar so ‘n versoek is, sal dit nie toegestaan word nie.

Luister na potgooie hieronder