Die eerste lentereën word eers later in die seisoen verwag, en dan sal daar na verwagting ook bogemmiddelde reën landwyd wees. Die Volksblad berig voorts die maksimum en minimum temperature sal na verwagting in die grootste deel van die land ook bo-normaal wees. Dit aldus Annette Botha van Vox Weather. Winderige weer in die lente, tesame met droeë tot warm toestande word vir die sentrale en oostelike gebiede verwag. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir toestande Woensdag wat tot ‘n groot brandgevaar kan lei oor die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×